Die Vrystaatse oom en tannie draai by hul plaas se hek in toe hulle die Engelsmannetjie daar sien staan.
“Ag, laat die mannetjie maar daar by die huis kom slaap pappa.” Sê die tannie. “Hier gaan hy mos dood vries.”
“Nee reg mamma.” Stem die oom onwillig in en hy laai die mannetjie op die bakkie. By die huis kry hy koffie en plek op die rusbank op die stoep.
Hulle is nie lank in die bed nie of die tannie sê droewig: “Ai pappa, dis darem ekstra koud vannag. Ek is so bang vir die Engelsmannetjie se part. Miskien moet hy maar hier tussen ons twee kom lê in die katel.”
“Nee reg mamma.” Stem die oom weer onwillig in en gaan haal die Engelsmannetjie op die stoep en maak hom lê tussen hulle.
In die middel van die nag skrik die oom wakker en voel-voel hier agter sy rug vir die Engelsmannetjie, maar hy kry net laken. “Mamma? Waar is die Engelsman?”
“Hy lê hier bo-op my pappa.” Antwoord die tannie kort van asem.
“Nou sê die dôner moet afklim!” Bulder die oom.
“Ag, pappa.” Antwoord die tannie tevrede. “Ek het so bietjie vergeet hoe mens dit in Engels sê.”