Quantcast
Channel: Grappe – Roekeloos.co.za
Viewing all 334 articles
Browse latest View live

Afrikaanse roman


Sannie se moeilikheid

$
0
0

Ronel kry vir Sannie agter die fietshokkies waar sy die een sigaret na die ander rook.


Ronel: “Wat’s fout vriendin?”
Sannie: “Die blou hel is los! Iemand se ma is glo by die skoolhoof om te kla oor die ‘losbandige’ dinge wat ek met haar seun gedoen het, en nou het hy my ouers laat kom.”
Ronel: “Vriendin, as ek jou kan raad gee, vertel alles! Sê dis die liefde wat jou dit laat doen het.”
Sannie: “Ek sou, maar ek weet nie wie se ma dit is nie!”

Taxi huis toe

$
0
0

“Jors!” Sê die kroegman. “Dis nou toemaaktyd. Ek dink jy moet die taxi huis toe vat.”

“Eish jy nou mal?” antwoord Jors. “My vrou sal my nooit toelaat om dit in die huis te hou nie!”

Om vadersnaam Willem

$
0
0

“My engel!” Fluister die jong man vir sy boeremeisie. “Is ek die eerste man met wie jy so vêr gaan?”


“Willem!” antwoord die meisie. “Voor ons verder gaan, antwoord my dit: Jy weet dat my pa ’n multimiljoenêr is, met drie tamatieplase?”
“Ja.”
“Jy weet dat as hy eendag sou sterf ek alles erf?”
“Ja.”
“Jy weet dat ek min of meer R3 miljoen in die bank het?”
“Ja.”
“Dat my huis in Pretoria en my woonstel in Kaapstad saam sowat R30 miljoen werd is?”
“Ja.”
“Dat my juweliersware verseker is vir sowat R2 miljoen?”
“Ja.”
“Dat ek ’n motor ry wat amper R1 miljoen kos?”
“Ja.”
“Nou om vadersnaam Willem! Maak dit regtig saak hoe vêr ek met ander mans gegaan het?”

Die pyn van beurtkrag

$
0
0

Die mense het gestem en die doodstraf is weer ingestel. Twee kêrels wag in die ry vir teregstelling op die nuwe elektriese stoel.


“Ek sê bewaarder, is dit ’n lang en painful storie?”
“Nee wat.” Sê die bewaarder. “Ons strap jou vas en flip ’n switch en als is verby.”

So het die eerste kêrel aan die beurt gekom. Hulle het hom kom haal, maar nie lank daarna nie het ’n geskree begin wat vir ure aangehou het: “Eina! Eina! Eina, dis seer!”

“Ek sê bewaarder, ek dog dissie ’n groot storie nie? Hoe skree my tjommie dan so vreeslik?”
“Die ding staan so.” Sê die bewaarder. “As dit load shedding is, dan haal ons die kerse uit.”

Ftttt

Joan Cornellà

Koos se roer

$
0
0

Koos kom by die dokter en kla dat hy ’n ernstige probleem het.
“Nou wat is fout Koos?”
“Dokter, my roer is seer.”
“Jou roer! Nou Koos, kan jy net vir my bevestig waar sit ’n man se roer?”
“Dokter, sien die saak staan so. Elke keer as ek roer, dan is dit seer.”


#VSKunstefees VettieBOEMBOEM

$
0
0

Dit was in 2008 by die see, toe ’n dogtertjie vir haar pa vra: “Why is that lady so fat?”, dat Ilne besluit het genoeg is genoeg.

VettieBOEMBOEM is ’n vertelling, ’n praatjie van inspirasie, ’n goedvoel-verhaal vertel in Fourie se eie unieke komiese aanslag en styl oor gewigsverlies, hoe om dit op die regte manier te doen, haar suksesverhaal en lang en soms baie alleen pad wat sy gestap het. ’n Moetsien vir vroue, dames, dogters, en selfs die enkele mans wat glo slaai is net vir hase en bokke bedoel!

Met: Ilne Fourie
Teks & regie: Ilne Fourie

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 65 minute
Kaartjies: R100
Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium, Bloemfontein
Datum: 14, 17 & 18 Julie

Vrystaat Kunstefees 2015

VettieBOEMBOEM,
Roekeloos,
12 Julie 2015.

2

Banting

Die definisie van katswink

$
0
0

katswink

Afgelei van die variasie van die vroulike kameeltoon, die katkyk. (Bron: Lappies Labuschagne en Lekkie Eksteen se Verklarende Afrikaanse Woordeboek vir die Hele Familie en die Bure, 1997)

Breiwerk: Wees Bang, Baie Bang

Vrolike voortrekkers

$
0
0
So wie is die penkop en wie is die drawwertjie

So wie is die penkop en wie is die drawwertjie?

“Voortrekkers: Gays mag penkoppe, drawwertjies word” – Rapport, 2 Augustus 2015

Herlaai

Edinburgh Fringe se beste grappe

$
0
0

Elke jaar tydens die Edinburgh Fringe Festival word die beste grappe bekroon.

Vanjaar se wenner is Darren Walsh se grap:

“I just deleted all the German names off my phone. It’s Hans free.”

Ander grappe wat die kortlys gehaal het, was:

“Kim Kardashian is saddled with a huge arse … but enough about Kanye West.” – Stewart Francis

“Surely every car is a people carrier?” – Adam Hess

“Jesus fed 5 000 people with two fishes and a loaf of bread. That’s not a miracle. That’s tapas.” – Mark Nelson

“Red sky at night. Shepherd’s delight. Blue sky at night. Day.” – Tom Parry

“Clowns divorce. Custardy battle.” – Simon Munnery

Die Edinburgh Fees is deesdae die grootste kunstefees ter wêreld – in 2014 was daar 49 497 optredes. Die 2015 fees is tans aan die woel tot en met 31 Augustus.

Elizabeth jester

(foto Hamish Irvine)


Dana Snyman vertel stories: Die tannies oppad weeshuis toe …

Dana Snyman vertel stories: Die tannies stoot die bus …

Dana Snyman vertel stories: Kitte se storie

Dana Snyman: Woordsmous, vakman, skrywer

Hier vir ‘n drink

$
0
0

Regter aan ’n Kaapse kalant: “Is ek reg as ek sê dit is jou liefde vir drank wat jou nou vir die soveelste keer hier laat beland het?”

Kaapse kalant: “Kykie djou hônor, ek wetie wat djou honor gehoor het nie, maar die issie die plek wa mens kom vir ’n drink nie!”

Viewing all 334 articles
Browse latest View live