Quantcast
Channel: Grappe – Roekeloos.co.za
Viewing all 334 articles
Browse latest View live

Foonobsessie


Koos se hotelkamer

$
0
0

Koos strompel die hotel se voorportaal binne.

Hy kon nooit sy motor opspoor nadat hy by die kroeg weg is nie. So besluit hy om vir ’n slag die regte ding te doen en by die hotel oor te slaap.

“Jammer, meneer.” Deel die ontvangs hom mee. “Ons is vol bespreek vir die nag.”
“Sjê my …” begin Koos, “Wat asj president Zoempies nou hier instap. Sal julle vi hom ’n kamer hê?”
“O ja, beslis,” word Koos meegedeel.
“OK …” sê Koos slim, “gee my maar daai kamer, hy kom nie meer nie!”

Vroteier

$
0
0

Sarie se bynaam tot haar dood na die ongelukkige voorval toe haar ma se boontjiebredie en die kostuumpartytjie op dieselfde dag geval het.

Vroteier

Vroteier

Nou praat jy: Meneer die president #guptas #vytjiementor

$
0
0
Die Gupta’s is op die lyn! Hulle wil weet of u nie dalk die volgende president van Suid-Afrika wil wees nie?

“Die Gupta’s is op die lyn! Hulle wil weet of u nie dalk die volgende president van Suid-Afrika wil wees nie?”

Gouelokkies – die ander storie

$
0
0
Na een aand in ’n wilde dier se bed was Gouelokkies nooit weer dieselfde nie.

Na een aand in ’n wilde dier se bed was Gouelokkies nooit weer dieselfde nie.

“KKNK is ‘n weird plek”

Kleintoontjies …

$
0
0
Kleintoontjies ... bly al in die slag sedert 450 BC.

Kleintoontjies … bly al in die slag sedert 450 BC.

Den sårede Filoktet (Die gewonde Filoktetes), N.A. Abildgaard, 1775

So ‘n paar grappies

$
0
0

Hoe verhoed jy dat ’n haan jou wakker kraai op ’n Sondag?
Maak hoenderbredie die Saterdagaand.

♦♦♦

“Jammer, ou seun,” deel die skatryk man sy seun mee, “ek het môre die limousine en die chauffeur nodig vir werk.”
“Maar paaaa,” kerm die laaitie, “hoe gaan ek by die skool kom?”
“Soos enige normale kind my seun, Uber.”

♦♦♦

Dis die middel van die somer, Sondagmiddag. Jannie se pa het mense genooi vir ete. Mens kan nie anders as om te sweet of om te dink aan lê nie.
Toe dit tyd is om aan tafel te gaan sit word Jannie deur sy pa beveel om die tafelgebed te doen.
“Maar wat sê ek?” wil Jannie vies weet.
“Wat dink jy sou ek sê!” antwoord sy pa.
Jannie buig toe sy hoof dramaties, soos sy pa altyd doen en in ’n diep stem sê hy: “Liewe Heer, wat in hemelsnaam het ons besiel om hierdie mense te nooi op so ’n warm dag!”

♦♦♦

Sannie: “Wat teken jy?”
Jannie: “’n Prentjie van God!”
Sannie: “Niemand weet hoe God lyk nie!”
Jannie: “Hulle gaan nou weet!”


Nou praat jy: Pa’s en seuns

$
0
0
Mis!

Mis!

Beeld: Christus die verlosser, Rio de Janeiro, Brasilië – Die grootste art deco standbeeld in die wêreld. Beeldhouer: Paul Landowski

’n Ekonomiese grap

$
0
0

’n Komiese blik op die wispelturigheid van die ekonomiese omgewing in waarin Suid-Afrikaanse maatskappye sake doen. Dié video was deel van Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB, se hoofrede Donderdagaand met die aanwysing van Dawie Rood as Sake se Ekonoom van die Jaar.

#ThingsMmusiDid

$
0
0
Mmusi Maimane & Jan van Riebeeck

Mmusi Maimane & Jan van Riebeeck

Robbie se broer se roer en ander jagstories

$
0
0

Robbie se broer se roer en ander jagstories

Robbie se broer se roer en ander jagstories

Pienkes du Plessis is terug met ’n nuwe bundel kortverhale.

In Robbie se broer se roer en ander jagstories vertel Pienkes stories oor alles wat met jagekspedisies gepaardgaan – en oor dit wat verkeerd loop!

In een verhaal moet drie ooms afreken met ’n slang in hul bakkie; in ’n ander verhaal verloor ’n plaasjapie ’n weddenskap en sluk ’n streepmuis heel af, en in die slotverhaal, “Wie braai, ek of jy?” word ons voorgestel aan Jan Somme, ’n man wat “uit sy hart braai”, “met ’n groot lied in sy hart.”

Pienkes skryf met sy kenmerkende, fyn humorsin oor vuurmaak, braai, kamp opslaan, sleepwaens pak en onderonsies met wilde diere, maar hy vertel ook staaltjies van toentertyd. Nostalgiese stories, perfek vir lekker lag om die kampvuur.

Robbie se broer se roer en ander jagstories / Pienkes du Plessis — Human & Rousseau, 1 April 2016; 192 p. ; sagteband. — ISBN 9780798172394

Robbie se broer se roer en ander jagstories,
Bettie Blom,
7 Augustus 2016.

2

Profiel – Marianne Thamm

$
0
0

Marianne Thamm is so veelsydig ’n mens is skoon uitasem wanneer jy haar CV lees: Sy’s ’n joernalis, skrywer, komediant, resensent, politieke kommentator, rubriekskrywer, gespreksfasiliteerder & satirikus. Tans is sy adjunk-redakteur van Daily Maverick, en haar memoir, Hitler, Verwoerd, Mandela and Me, verskyn in September. Ons het ’n paar aktuele vrae vir Marianne gevra.

Nou praat jy: Ek het jou ’n vraag gevra

$
0
0
Ek het jou ’n vraag gevra

Ek het jou ’n vraag gevra

As jy hom twee vrae vra
en hy antwoord net een

Wat’s jou nommer?

$
0
0

’n Vrygewige man vra ’n bedelaar: “Watter nommer skoen dra jy?”
“Ek dra enige nommer, maar nommer nege pas.”


Mans in die middel van die nag

$
0
0

Redes waarom mans in die middel van die nag uit die bed klim:

2% is honger,
3% het ’n nadors,
5% moet toilet toe gaan
… en 90% moet huis toe gaan.

Beheer jou kierie

$
0
0

Ou omie ster

Ou omie

Koos van der Merwe en sy vrou het so baie kinders dat hulle nie ’n motor kan bekostig nie. Nou moet hulle elke die bus vat.

Eendag staan hulle vir die bus en wag, en by hulle staan ’n ou omie met ’n kierie. Maar die omie is so oud, se hy bewe behoorlik. Hoe meer hy bewe, hoe meer tik-tik- sa, tik sy kierie op die sypaadjie. En hoe meer sy kierie op die sypaadjie tik, hoe meer geïrriteerd raak Koos. Einde ten laaste kom die bus verby, maar toe mev. Koos en die twaalf spruite in is, is daar nie meer plek vir Koos en die ou oom nie. Nou moet hulle vir die volgende bus wag.

Hoe langer hulle wag, hoe meer bewe die ou omie. En hoe meer hy bewe, hoe meer tik-tik-tik sy kierie op die sypaadjie. Later kan Koos dit nie meer hou nie. “Oom,” sê hy, “net hier om die hoek is ’n supermark wat omtrent enigiets verkoop. Wil oom nie ’n rubbertjie gaan koop nie, dan sit oom die rubbertjie onder oom se kierie en dan tik-tik-tik hy nie so op die sypaadjie nie?”

Die omie gee Koos ’n vuil kyk. “Jong man, as jy ’n rubber op jóú kierie gesit het, het ons nie nou nodig gehad om vir die bus te wag nie.”

Dis jou pa die

$
0
0

Reaksies: dogtertjie, baie bekommerd; ma, “ja-nee”.

pa skop en val

dis jou pappa

Drie skilpaaie eet sop

$
0
0

skilpad rus op tak

skilpad

Drie klein skilpaaie woon saam in ’n huisie in die Karoo. Dit is ’n Sondagaand en die drie is besig om elkeen ’n bakkie sop te eet.

“Die sop sal baie beter smaak saam met ’n stukkie brood” sê die eerste skilpad.
“Ons het nie brood nie” brom die tweede skilpad.
“Ek gaan beslis nie winkel toe nie” sê die derde en kleinste skilpadjie. “Sodra ek my voete by die deur uit sit eet julle twee my sop op.”

Maar die ander twee belowe plegtig hulle sal nie sy sop eet nie. So vat die klein skilpadjie, effe teësinnig, die pad winkel toe.

Die ander twee wag vir ure. Die ure word later dae.

Na twee weke wag die twee skilpaaie steeds vir brood.
“Ek dink nie hy kom terug nie” sê skilpad nommer een, “kom ons eet sy sop.”
Met die skuifel die klein skilpadjie vinnig by die deur in: “Sien jy ek het mos gesê!”

Kort grappies … LAG

$
0
0

Watter beroemde Hollywood-ster het seks gehad met honde?
Lassie.

Hoe gee twee ystervarke mekaar ’n drukkie?
Baie versigtig.

Wat kry jy as jy ’n ystervark en ’n skaap kruis?
’n Dier wat sy eie truie kan brei.

Hoe sink jy ’n duikboot vol blondines?
Jy klop aan die deur.

Wat is ’n noemfoerie?
’n Man wat meisies van hul fietse afklap om aan hul sale te ruik.

meisies wat lag

Meisies is meisies wat aanhou lag

Viewing all 334 articles
Browse latest View live