Bad Little Children’s Books is ’n oulike versameling kinderboek voorblaaie. Nie oulik soos in Vrouekeur nie, meer roekeloos …
Bad Little Children’s Books
Die winter kom
Dit was herfs in die Kalahari en die ‡Khomani San mense het na hulle leier Koos Kruiper gekyk vir leiding oor die winter wat net om die draai loer.
Koos ken die voorgeskiedenis se manier van doen, maar hy was ook geleerd in die dinge van die moderne wêreld. Om solank aan die veilige kant te bly gee hy opdrag dat daar genoeg droë hout gestoor moet word, net ingeval dit ’n koue winter is.
Net om seker te maak bel Koos die weerstasie in Upington ’n paar dae later. Dit meteoroloog bevestig dat dit wel lyk asof dit ’n koue winter gaan wees. Koos gee opdrag dat daar meer hout opgegaar moet word.
’n Paar weke later skakel Koos weer die meteoroloog. “Ja-nee,” kom die antwoord “dit lyk of dit ’n baie koue winter gaan wees.” Koos gee opdrag dat elke stukkie droë hout wat mens die hand op kan lê gestoor moet word.
Net so voor die winter kom gesig wys skakel Koos weer die meteoroloog. “Ons voorspelling is dat dit die koudste winter op rekord gaan wees.”
“Regtig?” vra Koos verbaas “hoe kan julle so seker wees?”
“Ons is seker,” antwoord die meteoroloog “want die ‡Khomani San hier duskant in die Kalahari maak al wat ’n stukkie hout is bymekaar.”
Jors tussen lewe en dood
Jors is ’n diep gelowige man, ten minste, dit is hoe hy homself sien. En soos verskeie ander diep gelowige mans hou hy van sy drankie so af en toe … elke Woensdag, Vrydag, Saterdag en Sondag na kerk.
Dis een van daai dae wat Jors huis toe strompel van sy plaaslike watergat af. Vir die soveelste keer is sy motorsleutels en selfoon weg en hy moet stap. En dis ’n vêr pad. 1,2 km as hy dit reg gelees het op sy kar sy speedometer.
By sy woonstelblok gekom is die hysbak boonop buite werking. Jors woon op die agste vloer.
Papnat gesweet en uitasem sluit hy sy woonstel oop. Om net ten minste sy asem terug te kry, gaan rook Jors ’n sigaret buite op die balkon. Dis hier waar hy die jong verpleegstertjie gewaar op haar balkon, drie vloere ondertoe. Sy het net ’n groot, los T-hemp aan en as hy reg gesien het, geen onderklere nie. Jors leuen vêr oor sy reling om beter te sien.
Dit was nie moeilik om te voorspel dat Jors se voete onder hom sou uitglip nie. Ook nie dat sy swaar bolyf hom vinnig oor die balkonreling sou trek nie.
In ’n laaste poging om aan die lewe te klou swaai Jors sy arm in die rigting van die balkonreling soos ’n wafferse Spider-man. Met die geluk wat net vir dronk mense en baba’s beskore is vind Jors se hand en die balkonreling mekaar soos in ’n wonderwerk.
Daar hang Jors. Met ’n baie mooi uitsig, maar ook met die nare gevoel van ’n man wat weet sy boepens is besig om sy linkerhand los te torring van die reling.
In sy oomblik van nood gil Jors: “Iemand help! Help asseblief! Iemand, is daar iemand!”
En skielik skyn daar ’n lig uit die hemele en ’n bulderende stem antwoord: “Ek, die Here jou God is hier! Laat los die reling! Ek sal jou vang!”
Jors was vir so ’n oomblik stil, vir sy hand gekyk, vir die lang pad ondertoe gekyk en bietjie gedink oor die saak voor hy iets gesê het: “Is daar iemand anders met nog idees?”
Wiskunde grappies
Daar was ’n versoek vir ons wiskunde grappies. Hier is almal wat voorheen op Roekeloos verskyn het:
Gatiep se laaitie kom by die skool aan met ‘n brief vir die wiskundeonderwyser.
“Geagte meneer die wiskundeonderwyser,
Sal jy seblief virrie kinners bietere somme gee. Daai een van gister was ‘n riller! Daai een wa die kind 50 appels het, 20% moet hou virrie huis, die helfte van wat oorbly vir sy vrinne moet uitdeel, en sap moes maak van ‘n kwart van die res.
En dan wil jy wiet hoeveel appels bly oor?
Wiet meneer wat kos appels deesdae? En ons was heel blerrie nag besig om sap te maak!”
♦♦♦
Net voor die laaste eksamen vra juffrou: “Jannie, verstaan jy die wiskunde wat ons vanjaar gedoen het?”
“Net so kol-kol juffrou” antwoord Jannie.
Watter kol verstaan jy nie Jannie?”
“Fokôl juffrou, fokôl!”
♦♦♦
Jannie het soggens kaalvoet skool toe gestap. Skoene is nou maar eenmaal nie vir hom nie.
Sy ouma het kom kuier en vertel hom toe sy moes ook kaalvoet skool toe stap, hulle kon nie skoene bekostig nie. Om hulle voete lekker taai te maak het hulle dit in soutwater gedoop, dan het die grondpad nie so seergemaak nie.
“Wragtig” sê Jannie en verdwyn soos ’n speld.
Sy ouma kry hom waar hy ’n kom soutwater regkry, maar in plaas van daarin staan, gaan sit Jannie daarin.
“En nou?” Wil sy ouma weet.
“My pa moet vanaand my wiskundetoets teken.”
♦♦♦
Onderwyser: “As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee hasies en nog twee, hoeveel sal jy hê?”
Jannie: “Sewe, meneer.”
Onderwyser: “Nee, luister mooi. As ek vir jou twee hasies gee, en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?”
Jannie: “Sewe.”
Onderwyser: “Kom ek stel dit anders. As ek vir jou twee appels gee, en nog twee en nog twee, hoeveel appels sal jy hê?”
Jannie: “Ses.”
Onderwyser: “Mooi so. Nou as ek vir jou twee hasies gee en nog twee en nog twee, hoeveel hasies sal jy hê?”
Jannie: “Sewe!”
Onderwyser: “Hoe op aarde kom jy by sewe uit?”
Jannie: “Ek het al ‘n hasie by die huis.”
Dronk grappe
Iemand het die keer gevra vir ’n paar dronk grappe. Hier is ’n paar uit die verlede:
Wat is die toppunt van dronkenskap?
As jy oor die dansvloer loop vir nog ’n dop en jy wen die danskompetisie.
♦♦♦
Hoe weet jy wanneer jy werklik dronk raak?
Jy begin gesofistikeerd voel, maar jy kan dit nie spel nie.
♦♦♦
Koos is die dag kroeg toe met net ‘n paar sente en kon nog goed dronk raak. Hy het net genoeg geld gehad vir ‘n glas vrugtesap. Hy bestel toe ‘n halwe glas lemoensap en ‘n halwe glas koejawelsap. Hy gooi toe die twee saam in een glas. Hy versier die sap toe met drie sambreeltjies en twee strooitjies.
So sit hy toe met die glas in sy hand, sonder om ‘n sluk te vat.
Toe sy eerste pel by die deur inkom vra hy: “Koos, wat drink jy?”
Koos se antwoord was vinnig en tot die punt: “’n Dubbel brandewyn en Coke, dankie man!”
♦♦♦
Koos se vriend vind hom by die kroegtoonbank, dronk en uiters terneergedruk.
“Ek sal vroumense nooit verstaan nie!” kla hy.
“Vanaand het ek alles gedoen soos hulle in die tydskrifte sê. Ek het roosblare gestrooi van die voordeur tot in die kamer. Daar het ‘n warm skuimbad op haar gewag, ek het parfuum oral gespuit, ek het sjokolade op haar kussing gesit. Ek het spesiaal vir my ‘n mooi nuwe onderbroek gaan koop gister. Daar sit ek toe, op die punt van die bed met my maag ingetrek toe sy inkom. Maar dink jy dis goed genoeg vir haar?”
“Ag, tog” sê sy vriend “nou waar dink jy het dinge verkeerd geloop.”
“Wel,” sê Koos “die oomblik toe ek haar hand vat om myself voor te stel, toe raak sy mal.”
♦♦♦
’n Dronk man sit in die biegkas van ’n katolieke kerk.
Na ’n baie lang stilte klop die priester om man se aandag te trek.
“Jy klop verniet!” skree die dronkie, “hier is ook nie kakpapier nie!”
♦♦♦
Legendes begin …
In Engeland – Once upon a time …
Amerika – Long, long ago …
Suid-Afrika – Onthou jy daai aand toe ons so vreeslik dronk was …
♦♦♦
“Koos,” sê Mike, jy sal moet ophou drink. Drank is ´n stadige gif!”
“Miskien is jy reg, antwoord Koos, “maar ek is nie haastig nie.”
Drie kort grappe vir Vrydag
Koos en Jors stap in die Bosveld. Dis nag. “Is dit waar?” begin Jors “dat ’n luiperd jou nie sal aanval as jy ’n flits dra nie?”
Koos: “Dit hang af van hoe vinnig jy daai flits dra.”
*****
Koos: “Ek is wragtig bang om deesdae op ’n vliegtuig te klim. Mens weet nooit wanneer daar ’n ou met ’n bom op die vliegtuig is nie.”
Jors: “Ek sou my eie bom saamvat as ek jy is.”
Koos: “Wat?”
Jors: “Ja, hoe staan die kanse daar is twee ouens met ’n bom op dieselfde vlug?”
*****
Karen, Susan en Wilna is by die tennisklub, besig om aan te trek.
Skielik hardloop daar ’n kaal man deur die aantrekkamers, met ’n sak oor sy kop.
“Wel,” sê Susan “dis nie my man nie, dis heeltemal te klein.”
“Ja-nee,” sê Karen “dit is nie jou man nie.”
“Hy is nie eens lid van die klub nie.” sê Wilna.
Dié bar truuk
“Hulle sê die ou stap so in daar by die kroeg …”
Ek tik met een vinger want als is seer
Vrikkie Visser
Pasop vir aannames
Toe Tant Mina die ghoeroe huis toe bring (lees die hele saga in Die sin van die lewe) het die woord vining versprei in Bellville.
Goedgelowige Jors was natuurlik gefassineerd en toe Koos die dag kla dat sy elmboog verskriklik seer is stel Jors dadelik voor hy gaan spreek die ghoeroe. “Blykbaar pie mens in ’n botteltjie en los dit op hulle stoep saam met ’n R50 langs die bak met die petunias.”
Aangesien Koos nie veel het om te verloor nie maak hy toe so. En voorwaar, die volgende dag is daar ’n nota vir hom langs die petunias: “Jy het ’n tennisarm. Week die arm gereeld in warm water en laat dit rus. Moet niks swaar optel nie. Dit sal beter wees oor twee weke.”
Koos kan dit nie glo nie. Hy is seker die blerrie Jors het iets daarmee te doen. Koos kan nie dinge net so laat nie. Daai aand tap hy bietjie kraanwater in ’n botteltjie en toe sy hond gaan pie kry Koos sommer ’n paar druppels daarvan ook by. Toe vra hy sy vrou en sy seun om ook ’n bydrae te maak voor hy die finale bydrae lewer. Hy bel ook vir Jors om te kla oor die kamtige nuwe kwaal wat hy het voor hy die botteltjie en R50 langs die petunias gaan los.
Die volgende dag is daar ’n lang nota: “Dink daaraan om ’n waterfilter te installeer, jou kraanwater is effe besoedel. Jou hond het wurms. Kry vir hom pille. Praat met jou seun. Hy rook te veel dagga. Jou vrou is swanger met ’n tweeling. Meisies. Jy is nie die pa nie. Gaan spreek jou prokureur. En hou op draadtrek, jou tennisarm gaan nooit beter word nie.”
Koos die tentmaker
Koos besluit dis weer tyd dat hy van beroep verander en die bediening roep … geïnspireer deur elke tentmaker wat rondrits in ’n luuksemotor.
So sak Koos se tentmakersbediening oornag toe op ’n dorp en die volgende oggend vroeg skree prediker Koos moord en brand.
Al wat leef en beef is daar. Meer om te kyk as om te luister. Hoe op dees aarde gaan jy nou saampraat as jy nie self daar was nie.
Uiteindelik breek die groot oomblik aan, Koos kondig aan hy is gereed om alle skete en kwale te genees.
Eerste aan die beurt is ant Susarie. Die tannie is horingoud en skuifel-skuifel verhoog toe met die vreeslike krom lyfie wat op haar kierie steun. Almal op die dorp ken die tannie met die krom lyfie. Koos se assistent, Jors, help die tannie op die verhoog.
Koos maak die tannie leuen op haar kierie terwyl hy haar met ’n kombers toegooi. Hy lê sy een hand op haar terwyl die ander ongesiens onder die kombers inglip. Skielik ruk Koos die kombers af met ’n groot lawaai en daar staan die tannie, kietsregop. En so regop loop sy deur die tent tot groot verbasing van die dorp se inwoners. Die kolletebordjies loop oor.
Niemand is so verbaas soos Jors nie. “Hoe de hel het jy daai reggekry?” fluister-vra Jors wat nou met nuwe oë na Koos kyk.
“Maklik,” fluister Koos “ek het net vir haar ’n langer kierie gegee.”
Pielie
Pielie – Die Antwoord grap
Getal van die dier ontsyfer
… en die getal is
Koos en sy gidshond
’n Man stap by ’n kroeg in met sy hond en bestel ’n drankie.
“Jy mag nie jou hond hier inbring nie.” sê die kroegman.
“Dis my gidshond.” kom die antwoord.
“Ag, jammer, sê die kroegman. Ek sal betaal vir jou eerste dop.”
Op pad uit loop die man en sy hond amper in Koos en sy hond vas.
“Die kroegman gaan jou uitjaag,” waarsku die man vir Koos “tensy jy sê dis jou gidshond.”
“Jy mag nie jou hond hier inbring nie.” sê die kroegman vir Koos.
“Dis my gidshond.” antwoord Koos.
“Jy lieg mos nou.” sê die kroegman “Van wanneer af gebruik hulle Yorkshire terriërs as gidshonde?”
“Wat?” sê Koos “Hulle het vir my ’n Yorkie gegee?”
Moses kom af
Moses kom van die Berg Sinai af, twee kliptafels onder die arm.
“Wel,” sê hy vir die skare, “ek het goeie nuus en ek het slegte nuus.”
“Die goeie nuus is; ek het hom gekry om af te kom tot by tien. Die slegte nuus is; owerspel is steeds op die lys.”
Weduwee van der Merwe
Die Weduwee van der Merwe se man is nog nie koud nie, maar sy lê reeds by die see in die kleinste bikini moontlik. Haar nuwe borste en nuwe lippe word gepunt in die wind vir almal om te staar. Die bikini so klein, dat dit alles net-net bedek, maar gelukkig groot genoeg sodat jy nie naar word as jy staar nie.
Dis hier waar haar oog op die aantreklike man val. Vinniger as wat jy sal glo skuifel sy langs hom in en in ’n sagte stem, want sy trek haar maag in, fluister sy: “Het ons al voorheen ontmoet?”
“Ek dink nie so nie” sê hy, “Sien, ek was in die tronk vir ’n baie lang tyd.”
“Rêrig? Waarvoor?”
“Wel, ek het geld verduister, maar hoofsaaklik omdat ek my vrou vermoor het. As jy moet weet, my tweede vrou, my eerste vrou het spoorloos verdwyn.”
“Aha!” sê Weduwee van der Merwe, “So jy is single!”
Oor prokureurs
In Andre P Brink se Philida (2012) kom die volgende voor:
“Watse ding is ’n prokureur? Dis ’n man, verduidelik Delphina, wat die wet ken … nie iemand vir grappies of bog speletjies nie, eerder so ernstig soos ’n sekretarisvoël, met dieselfde stywe treetjies asof hy bang is hy trap op stront.”
Hier wil mens ook byvoeg, afgesien van wat mense dink, ook iemand met streng etiese beginsels. Gestel byvoorbeeld jy betaal ’n prokureur per ongeluk R5 000 vir ’n rekening wat eintlik net R4 000 is. Die etiese kwessie wat hy gewoonlik daar en dan mee worstel is; moet hy dit met sy vennoot deel.
Steke gekry
Jors loop vir Koos raak in die hospitaal.
Jors: “Wat maak jy hier Koos?”
Koos: “Laat by die huis gekom toe foeter my vrou my met ’n gholfstok. Kamtig gedink ek is ’n inbreker. Het ses steke gekry.”
Jors: “Hel, ek is al drie dae hier en ek het nog nie eens ’n soen gekry nie.”
Jou chihauhau
’n Jong dame het haar chihuahua ingeskryf vir al wat ’n kompetisie is vir honde, maar die eerste plek het hom bly ontwyk.
Sy het al wat ’n boek is gelees, met kenners gepraat, selfs ’n dieresielkundige ingespan, maar Bokkie kon net nie wen nie.
Uiteindelik was dit ’n kenner uit Meksiko wat die probleem raaksien. “Bokkie het te veel hare op sy beentjies. Verwyder dit en hy sal baie beter presteer. Gebruik sommer ’n gewone haarverwyderaar.”
Onmiddellik is die dame apteek toe om die haarverwyderaar aan te skaf, maar sy was nie seker hoe sy dit moet gebruik nie. “Dis baie maklik,” deel een van die verkoopsdames haar mee “smeer dit gewoon aan jou bene, maar moet asseblief nie kouse dra vir ’n week nie.”
“O nee,” antwoord die jong dame “dit is nie vir my bene nie, dis vir my chihauhau.”
“Wel! In daai geval,” antwoord die verkoopsdame “moet nie fietsry vir ’n week nie.”